|
Jeug
Ons doel is om die jeug op ʼn jong ouderdom in ʼn bediening te vestig, waar daar nie net Bybelse informasie gedeel word nie, maar waar koninkryksbeginsels lewendig gemaak word in hulle harte. Deur dit te bewerkstellig, help ons om ons jeug die invloed te wees en NIE beïnvloed te word nie. Ons wil graag alle ouers ondersteun in hulle verantwoordelikheid om 'n geestelike fondasie in hulle kinders te vestig.
|