WSC BANNER21

 

The Passion of World Shakers Church is to be a mature and trained army of disciples that will change their world.

About Us
C0181 (2011)
Join us on Facebook

Our Team:     

Location:      

2011:               

                  Our Gallery:

A few photos of our church and the members of our church:                                                                              

MISSIE: Maak Dissipels

VISIE: Om ‘n opgeleide en volwasse weermag van dissipels te wees wat hulle węreld verander.

ONS GLO :

  • Die Bybel, wat bestaan uit die Ou en die Nuwe Testament, is geinspireerd deur die Heilige Gees en is die onfeilbare Woord van God.  Ons aanvaar dit as die finale gesag vir leerstellings, geloof en die lewe.
  • Daar is een God, wat geopenbaar word in drie persone, God die Vader; God die Seun en God die Heilige Gees.  Hierdie is die heilige drie-eenheid in een goddelike Wese.
  • In die Godheid van Jesus Christus as die Seun van God, Sy maagdelike geboorte, Sy sondelose lewe, Sy wonderwerke, Sy dood wat verlossing bring deur die bloed, Sy liggaamlike opstanding uit die dood, Dat Hy opgevaar het en aan die regterhand van die Vader sit en dat Hy terugkom in krag en heerlikheid.
  • Mens was geskep goed en heilig na die beeld van God. Maar die mens deur vrywillige keuse was ongehoorsaam aan God en het gesondig.  Sy enigste hoop van versoening en verlossing is deur Jesus Christus, die Seun van God.
  • Almal het gesondig en die enigste manier om gereinig te word is deur bekering en geloof in die voltooide werk van Jesus Christus.  Mens word geregverdig deur genade en dit deur geloof.
  • Hulle wat Jesus aanvaar het as Heer en Verlosser word wedergebore deur die Heilige Gees en word kinders en erfgename van God.  Wedergeboorte is noodsaaklik vir persoonlike redding, oorwinning en die ewige lewe.
  • Jesus Christus het twee sakramente ingestel:
  • Doop van die gelowige deur onderdompeling in water as ‘n publieke getuienis en belydenis van geloof en identifiseering met Christus se dood en opstanding.  Ek wandel nou met Hom in ‘n nuwe lewe.
  • Nagmaal is die deelname aan Sy liggaam deur die brood en wyn as ‘n herinnering aan Sy lyding en dood.
  • Deur die aanvaarding, inwoning en doop van die Heilge Gees word die navolger van Jesus toegerus met krag vir die lewe met die geestelike gawes wat deur hom werk in geregtigheid en ware heiligmaking
  • Die Kerk is die liggaam van Christus, die woonplek van God deur die Heilge Gees met ‘n goddelike doel om die groot opdrag uit te leef.  Elke dissipel wat verlos is deur Jesus en vernuwe is deur die Heilge Gees is deel van die liggaam van Christus en het ‘n doel, roeping of funksie om te vervul in die węreld.
  • Die verlossende werk van Jesus aan die kruis het Genesing en Bevryding gebring vir elke mens deur gebed en is die erfdeel van elke gelowige.  Met tekens en wonders word die prediking van God se Woord bevestig.
  • Die opstanding van die geredde en sowel as die ongeredde, waar die geredde die hemel beërwe en die ongeredde die hel beërwe.
  • Huwelik:  Die huwelik is ingestel deur God en word in die Woord openbaar as die eksklusiewe verbondseenheid tussen een man en een vrou in ‘n lewenslange verbintenis.  Huwelike sal alleen bevestig en erken word deur die gemeente vir die persone wat aan die Bybelse definisie van die huwelik voldoen.
  • Seksualiteit: Seksuele verhoudings moet alleen uitgeleef word in ‘n  huwelik.  Seksuele aktiwiteite buite die huwelik ( ingesluit owerspel, voorhuwelikse seks, homoseksualiteit en pedophilie) is teenstrydig met Bybelse heiligmaking. 

Besef dat om deel te wees van ’n gemeente is ‘n geestelike en verhoudings saak, nie ‘n wetties een.  In ons gemeente het  die Leierskap gesag en verantwoordelikheid teenoor die gemeente.  Netso het die vennote ‘n verantwoordelikheid teenoor die gemeente.

As vennoot sal jy aktief betrokke wees deur:

Die verantwoordelikheid van die gemeente te  help dra

  • Ek sal bid vir die visie en groei van die gemeente
  • Ek sal die ongeredde nooi na die dienste
  • Ek sal almal laat welkom voel wat besoek
  • 1 Thess. 1:2; Luk. 14:23; Rom. 15:7

Die gemeente te dien

  • Ek sal my gawes en talente ontdek en uitleef
  • Ek sal ‘n dienskneg hart ontwikkel
  • Ek sal begin dien in ‘n bediening
  • 1 Pet. 4:10; Ef. 4:11-12; Fil.2:3,4,7 

Die gemeente te beskerm

  • Ek sal in liefde optree teenoor ander lede
  • Ek sal liefdevol en Bybels enige konflik hanteer
  • Ek sal die geestelike leiers volg
  • Ek sal die vermy wat verdeeltheid en wanorde veroorsaak
  • Rom. 14:19; 1 Pet.1:22; Ef. 4:29; Heb.13:17; 1Kor16:17  

Die gemeente se getuienis te ondersteun

  • Ek sal getrou wees in my bywoning
  • Ek sal ‘n goddelike lewe lei
  • Ek sal gereeld finansieël bydra
  • In ons gemeente het die Senior Pastoor die Bybelse en finale gesag om die gemeente te bestuur, wat insluit om iemand te verwyder as vennoot.  In die uitsonderlike geval waar iemand verwyder moet word as vennoot sal dit wees weens verkeerde leerstellings of optrede wat onbybels, gevaarlik is en wat verdeeltheid bring. ( 1Kor. 15:33; Tit.3:9-11)    

Hoekom moet ek aan’n gemeente behoort

  • In ‘n  verhouding te staan met mense wat jou geloof en waardes deel
  • ‘n Plek om te groei, dien en om te gee van jouself
  • Veilige beskerming in die tye van storms in jou lewe
  • Daaglikse aanmoediging in jou geestelike ervaring

Kom ons staan saam in hierdie verbond as vennote en kom ons verander ons węreld.