WSC BANNER21

 

The Passion of World Shakers Church is to be a mature and trained army of disciples that will change their world.

2 Kids getuig

Sandry 15 jaar oud,     Danel 12 jaar oud,       Anke 6 jaar oud

Moet nooit drome of gebeurtenisse as ‘toevallig’ benader of aanvaar nie. Reeds 3 weke voor die gebeure het Anke 6 jaar oud reeds   2 drome gehad wat waarskuwend was oor die aanval op die plaas.

Selfs ook op die dag van die aanval het sy net voor pappa Hansie ons twee van sy dogters kom haal het, uit die bloute in mamma se kamer ingkom en haar gevra om ‘n  Bybelskrif vir haar te lees en te verduidelik. Omdat sy so jonk is het sy nog nooit skrifgedeeltes so tot op die hoofstuk en versie genoem nie, maar hierdie middag was sy baie spesifiek gevra vir 2 Kor 6:18  “en Ek sal vir julle ‘n Vader wees, en julle sal vir My seuns en dogters wees, spreek die Here, die Almagtige

Mamma het aan haar verduidelik presies dat God vir ons almal ‘n Vader is, en ‘n Vader beskerm, versorg en is altyd daar as mens hom nodig het, net daar het sy toe ook dit oor al ons kinders gebid....dit was heel moontlik die begin van ons beskerming....

Die volgende is geskryf deur Danel (12), uit die hart en ondervinding van haar en ousus,  Sandry (15)

Ps 37:5  “commit your ways to the Lord, trust in Him and He will act

Dinsdag 24 Mei 2011, was ek glad nie lus om die aand saam met my ma-hulle kerktoe te gaan na die gebedsoond nie, ek was moeg na netball wedstryde en al was my huiswerk klaar, wou ek steeds eerder by die huis bly.  My ma het my het gese sy voel regtig ek moet gaan, want dit gaan oor gebed, en dis baie belangrik, sy wil baie graag he ek moet saamgaan – op die ou end gaan ek maar. Ek was so so bly ek was daar. 

Die pastoor het gese ons moet God vertrou vir iets en ons hartsbegeertes met Abba deel, nou my grootste begeerte is om deur God gebruik te word en ‘n verskil te maak, veral tussen my maatjies. Ek wil ook gebruik word deur God. Toe die pastoor vir ons kom bid, ervaar ek God se krag en val onder die Gees, ek het so so goed gevoel die pastoor het ook oor my en Sandry geprofeteer dat ons getuies vir God gaan word.

24 uur later het ons eerste getuienis begin. Ek en Sandry het by my pa gaan slaap, toe ons op die plaas aankom het 4 mans ons klaar ingewag. Ons was rustig, want God was reeds daar! 1 man het my pa met ‘n geweer teen sy kop die bakkie uitgejaag en gese hy soek alles, geld, fone ens. hy het my pa se sleutels gevat, en deur die genade van die Heilige Gees het hy een bos sleutels op die grond neergegooi. Ons het later besef dis die Fortuner se sleutels waarmee ons sou moes ry later die aand.

‘n ander persoon het vir Sandry met ‘n mes uitgehaal en my net gevra om ook uit te klim. Hulle het haar selfoon ook gesoek en hom gekry. Vir die eerste keer het Heilige Gees met haar en met my pa gepraat, Sandry het ‘n vreemde ding se, sy se hulle kan haar selfoon vat, maar moet asseblief haar simkaart vir haar gee. Dis baie vreemd, maar dit was goed beplan deur Wysheid. So ook het my pa gevra vir  sy laptop! Die klomp mans het deur genade vir hulle albei geluister en presies gedoen wat hulle gevra het.

 

Ek het gevra dat hulle asseblief niemand moet seermaak of doodmaak nie, en ook deur genade het hulle my belowe, en by hulle woord gehou.

In die huis moes ons toekyk hoe hulle my pa wel rondruk en gooi, en toe begin hulle ons vasmaak. Die Heilige Gees, ons Trooster, het ons almal kalm gehou, selfs Willem en Mary (ons plaaswerkers) en hulle 2 klein kinder s  en van 2 jaar en een van ‘n paar maande, was baie kalm, - hulle het nooit gehuil of geskreeu nie, dit sou verseker die klomp mans kwaad gemaak het. Hulle het die eerste keer begin huil nadat die mans weg is.

Ek het kalm gevra wat soek hulle, en die leier het geantwoord GELD en hy het ‘n bedrag genoem, my kop het vinnig sommer probeer maak en ek het vir hulle my pa se boog aangebied en gese hy is meer werd as wat hulle soek, alhoewel hulle reeds my pa se kamera gevat het wat meer werd was as dit.

Hulle het my sussie langs my pa gegooi op die bed en haar ook met bloudraad vasgemaak, my pa het gekrul van die pyn, hulle het hom baie styf vasgemaak. Ek moes nog op die bank wag, en het besef die klomp ken God nie, ek vra toe : Do you know God? Dit moes hulle ongemaklik gemaak het want hulle skreeu toe vir my om te ‘shut up’. Sandry se toe vir hulle: ‘what you are doing now is not from God’, vir haar het hulle ook gese om stil te bly. Al wat ek en Sandry kon doen was bid, my pa het  ook op ‘n stadium gevra dat ons net moet aanhou bid. Ek het God dankie gese vir Sy beskerming terwyl ons daar was, ek het geweet Hy is by ons

Ek was laaste vasgemaak en weereens deur die genade alleen het hulle my net met ‘n selfooncharger en veters vasgemaak, ek moes voor ons plaaswerker op ‘n matras le. Nadat almal weggejaag het met my pa se bakkie, met al my en sandry se klere, skooltasse, my pa se gewere, ipods en telephone, kon willem my draad losbyt. Ek het opgestaan en gespring vir ‘n sker sodat ek die veters om my voete ook kon losmaak. Ek was eerste los en kon die ander help, my pa het  ons laaste losgemaak, hy het baie seer gehad en die draadmerke sit steeds op sy arm soos dit hom gedruk het.

 

Willem het toe gese dat hy se selfoon iewers neergegooi het, maar hy het geen lugtyd op om iemand te bel nie, Sandry het haar simkaart vir hom gegee en toe kon ons almal bel. my pa het sy laptop gebruik om op facebook boodskappe te stuur! Ons hulp was vinnig daar!

Toe my ma hulle op die plaas aangekom het, het ek haar gevra of sy nie kon voel iets was fout nie, want ek en Sandry het gebid dat God haar sou laat weet, sy het gese dat sy dit wel gevoel het, maar sy het gedink dis omdat ek siekerig was dat sy so aan ons dink, maar sy het in elk geval begin bid vir ons gesondheid en beskerming, presies op dieselfde tyd wat ons vir God gevra het.

Ek kan verseker vir julle se dat God en al sy Name groot oor die dag van 25 Mei 2011 vir my geskryf gestaan het: ons het in die aande oor Sy name gepraat en ek weet nou:

El Roi – the God who sees – en Hy het gesien presies wat gebeur het
El Shaddai – Our Lord who is more than enough for our every need
Yahweh Shamma – The Lord who is there – en Hy was daar en is ook nou hier
Yahweh  Shalom – God van vrede – en ons het Sy vrede en kalmte ervaar
Ons Beskermer, Wysheid, Ons Koning van konings, die God wat ons nooit sal begewe of nooit sal verlaat nie – HY WAS DAAR!!!

As julle dalk wonder of ons spyt was dat ons daar was, en of ons vra ‘hoekom het dit gebeur Here’ – dan is die antwoord NEE, en ons vra nie, on sweet nou dat God dit so toegelaat het onder Sy beheer sodat  ons Hom kan ervaar en vir my pa tot hulp kon wees.

Ons bevryding le wel daarin dat ons moet aanhou bid vir die siele van vier mans wat nie weet wat hulle doen nie, ons het hulle vergewe en vrygespreek, al is ons soms nog skrikerig en bangerig.

Ek weet nou dat God alles ten goede laat meewerk vir die wat Hom liefhet – en ons het Hom verseker lief – want as Hy vir ons is, WIE sal teen ons wees

Dankie vir julle almal se gebede en belangstelling. Ons bid dat julle GOD ook so sal beleef en ervaar – want een aanraking van Sy soom van sy kleed van redding  verander mens se hele lewe.....‘n gewone lewe word ‘n wonderbaarlike getuienis!